Finansiële bestuur, Gemeente bestuur, Bywoningsregisters, en baie, baie meer        Kontact Toni 012 809 1990     support@FontanaSoftware.co.za
Fontana Besigheid
Agtergrond:

In 1997 het 'n plaaslike predikant 'n behoefte gehad vir 'n elektroniese adreslys van sy gemeente wat hy heeltyd kan opdateer.  Gemeente98 was die eerste sagteware uitgawe wat sedertdien omvattend uitgebrei is met meer en meer funksies.  Namate meer gemeentes van die program te hore gekom het en versoeke gerig het om die program (op daardie stadium bekend as Admin2000) in hulle eie kantore te gebruik is funksionaliteit verfyn om professioneel en tegnologies gevorderd te wees.

Vandag word AdminPRO gebruik in meer as 250 kerkkantore oor die hele Suid-Afrika en in die buiteland.  Ons kliënte sluit in AGS, PPK, FGC, Gereformeerd en talle onafhanklike kerke.  Van klein gemeentes met 60 lede tot groot gemeentes met duisende lede, AdminPRO is aanpasbaar om in die individuele behoeftes van enige kerk te voldoen.

© Fontana Software cc  2010
Fontana Software cc 2003/099470/23